DRK militia val dorpe aan

’n Burgermag het ten minste 23 mense doodgemaak in aanvalle op verskeie dorpe in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo, volgens plaaslike owerhede. Die  Koöperasie vir die Ontwikkeling van die Kongo, een van vele gewapende groepe, het die moorde in Djugu-gebied uitgevoer. Die meeste van die slagoffers is met kapmesse doodgemaak en die wat probeer vlug het, is geskiet. Mense se besittings is gevat en huise is afgebrand, volgens oorlewendes.