Minstens 38 sterf in lugaanvalle op Gaza

Twee Israeliese lugaanvalle op geboue in Gazastad het minstens 38 mense gedood en baie meer beseer. Die Israeliese weermag sê oorlogsvliegtuie het militêre infrastruktuurterreine van Hamas getref. ’n Woordvoerder van Gaza se burgerlike verdediging het sê ’n woonstelblok in die al-Shati-gebied, een van Gaza se historiese vlugtelingkampe, is verskeie kere getref. Die ander bomme het huise in die al-Tuffah-distrik geteiken. Israeliese media berig dat die lugaanvalle moontlik ‘n senior Hamas-amptenaar geteiken het.