UDM sluit aan by regering van nasionale eenheid

Die UDM het aangesluit by die regering van nasionale eenheid na ‘n vergadering met die ANC. Die party het hom vroeër geskaar by die Progressive Caucus in die Parlement. Die UDM stel ‘n tegniese komitee voor om die beleid en manifes van alle parlementêre partye te bestudeer. Die leier Bantu Holomisa vra samewerking in die parlement vir betekenisvolle verandering in Suid-Afrika.