Mali-junta arresteer politieke leiers
‘n Alliansie van politieke partye en burgerlike groepe in Mali sê 11 van hul leiers is in hegtenis geneem tydens ‘n private vergadering by ‘n voormalige minister se huis. Die alliansie eis hul spoedige vrylating. Die Wes-Afrikaanse land, wat sedert ‘n staatsgreep in 2020 onder militêre heerskappy is, het in April ‘n dekreet uitgereik wat die politieke lewe beperk, glo vir die handhawing van die openbare orde. Die alliansie beskuldig die owerhede in ‘n verklaring dat hulle ” ‘n pad na diktatorskap volg … met die uitsluitlike doel om aan bewind te bly en alle demokratiese en republikeinse stemme stil te maak.”