Eskom soek vrystelling van uitstralings-beperkinge

Eskom gaan vrystellings aanvra van Minimum Uitstralings-standaarde vir vyf steenkoolstasies wat ná 2030 nog gaan werk. Die voormalige omgewingsake-minister, Barbara Creecy, het toestemming verleen dat Hendrina, Grootvlei, Arnot, Camden en Kriel teen huidige beperkings tot 31 Maart 2030 bedryf kan word. Eskom moet binne 12-maande ‘n plan vir die sluiting van die kragstasies indien. Bykomende vrystellingsaansoeke vir ander stasies is ook binne 60-dae verskuldig.