VF Plus wil Nelson Mandelabaai Metro laat desentraliseer

Die Vryheidsfront Plus in die Oos-Kaap het ‘n voorstel by die speaker van die Nelson Mandelabaai-metroraad, Eugene Johnson, ingedien om die verskillende gebiede in die Metro te desentraliseer. Bill Harington van die VF Plus sê die hoofdoel van desentralisering is om dienslewering te verbeter, ekonomiese groei te stimuleer en die lewensgehalte van alle inwoners te verbeter.