SA moet dringend nuwe ekonomiese doelwit stel: ekonoom

‘n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, professor Raymond Parsons, sê die regering van nasionale eenheid se politieke omgewing, tesame met beleidsekerheid, is die kombinasie wat sake- en beleggersvertroue sal optimaliseer. Parsons sê Suid-Afrika benodig nou ‘n nuwe sarsie energie en doeltreffende leierskap om oor die algemeen beter te kan doen. Hy sê die land moet dringend ‘n nuwe nasionale ekonomiese doelwit stel wat die nasie mobiliseer en deur die regering van nasionale eenheid ondersteun word.