Entstofproduksie in Afrika kry hupstoot

Die Afrika-entstofvervaardigingsbedryf sal na verwagting teen 2040 meer as 60-persent van die vasteland se entstofdosisse verskaf, teenoor sowat twee-persent tans. ‘n Befondsde skema ter waarde van 18-miljard Namibiese dollar, die African Vaccine Manufacturing Accelerator, sal van stapel gestuur word om entstofproduksie in Afrika ‘n hupstoot te gee. Die Franse president, Emmanuel Macron, het aan die Global Forum for Vaccine Sovereignty and Innovation in Parys gesê, hierdie projek het ten doel om ongelykheid met toegang tot entstof aan te pak en entstowwe vir siektes soos cholera en malaria, wat baie Afrika-kinders aantas, te vervaardig.