Grootste seevarende boekwinkel ter wêreld kom terug!

Die Logos Hope, die wêreld se grootste seevarende boekwinkel, keer volgende maand vir die eerste keer sedert 2016 terug na die Walvisbaai-hawe. Die vaartuig sal van 5 tot 21 Julie oop wees vir die publiek. Logos Hope se boekwinkel aan boord bied ‘n uitgebreide keuse van meer as 5 000 verskillende titels teen bekostigbare pryse. Dit dek ’n wye reeks onderwerpe en met kindertitels, akademiese tekste, woordeboeke, atlasse en meer is die boekwinkel iets wat die hele gesin kan geniet. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paolenta Kevo, die projekbestuurder by Logos Hope Namibië.