Kadila Poultry maak deure oop in Okahandja
Kadila Poultry-hoenderplaas is in Okahandja in gebruik geneem. Kadila Poultry is ‘n 100 persent Namibiese braaikuikenprodusent wat ‘n 6-huis braaikuikenplaas sal bedryf. Dit het die kapasiteit om aanvanklik 400 ton pluimveevleis per maand te produseer. Die plaas wil nie net aan die plaaslike vraag voldoen nie, maar ook bydra tot voedselsekerheid in die land. By die geleentheid het die hoof van Veeartsenydienste in die landbouministerie, dr. Albertina Shilongo, gepraat in die plek van landbouminister Calle Schlettwein.