Malawi huldig nuwe visepresident in
Die nuutaangestelde visepresident van Malawi, Michael Usi, word vandag ingehuldig. President Lazarus Chakwera het Usi as die nuwe visepresident aangestel in die plek van Saulos Chilima wat tragies in ʼn vliegongeluk dood is. Usi was voorheen die minister van Natuurlike Hulpbronne en Klimaatsverandering en is bekend vir sy werk in vermaak en ontwikkeling. Usi is ‘n nabye bondgenoot van Chilima en was sy medekandidaat. Sy aanstelling word beskou as ‘n strategiese stap om nasionale uitdagings aan te spreek.