Waterskeiding oomblik vir LGBT-gemeenskap

Regters Nate Ndauendapo, Shafimana Ueitele en Claudia Claasen het vanoggend ten gunste van Friedel Dausab, wat sê die sodomiewet is ongrondwetlik omdat dit diskrimineer, in die hof beslis. Die uiters omstrede wet is ‘n doring in die vlees van die LGBT-gemeenskap en die aansoek en die uitspraak word as waterskeiding beskou. Dausab het met Kosmos 94.1 Nuus buite die hof gepraat.