Britte sal weer vir Eddie Jones môre groet

Engeland kom weer van aangesig tot aangesig met voormalige afrigter, Eddie Jones, vir môre se toets in ‘n snikhete Tokio teen ‘n nuwe Japanse span. Die kwik sal 30-grade in die Japannese hoofstad bereik vir Jones se eerste wedstryd sedert sy terugkeer na Japan as afrigter. Die vurige Australiër het Engeland in 2019 tot die eindstryd van die Wêreldbeker gevoer en het ‘n onervare span gekies met vier nuwelinge, insluitende ‘n universiteitspeler. ‘n Skare van 65 000 word in ‘n volgepakte Nasionale Stadion verwag.