Behuising bly ‘n reuse-probleem

Die Nasionale Raad se staande komitee vir behuising het so pas ‘n werkswinkel aangebied oor “Die behoefte om grond vir die stedelike arm en grondlose burgers te voorsien”. Die werkswinkel het in Swakopmund plaasgevind en die Shack Dwellers’ Federation of Namibia was daar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edith Mbango, die federasie se nasionale fasiliteerder. Sy sê Windhoek het die grootste behuising probleem.