​Queen stem vir een ​​miljard pond-transaksie om musiek-katalogus te verkoop

Queen het glo ‘n £1 miljard-ooreenkoms gesluit om sy musiek-katalogus aan Sony Music te verkoop.

Die “Bohemian Rhapsody”-groep – wat steeds stigterslede Sir Brian May en Roger Taylor insluit – is al jare in gesprek oor die verkoop van hul katalogus van liedjies en albums, en nou word geglo daar is ‘n ooreenkoms op hande. Soos wat berig word deur Variety, is die musiek-katalogus en ander regte in die proses om verkry te word deur Sony vir ‘n enorme bedrag geld. Sedert Freddie Mercury se dood in 1991, het John Deacon van die kollig af weggedraai, terwyl Brian May en Roger Taylor steeds saam met die sanger Adam Lambert toer.

Queen se opgeneemde musiek-regte in die VSA en Kanada is in die 2000’s deur Disney vir ‘n onbekende prys gekoop ná ‘n aanvanklike US$10 miljoen lisensie-ooreenkoms wat in 1991 bereik is. Die groep se verspreidings-ooreenkoms met Universal sal in alle gebiede buite die VSA en Kanada na Sony verskuif, maar nie voordat daardie ooreenkoms in 2026 of 2027 verstryk nie.

Foto verskaf.