BBP groei in eerste kwartaal 2024
Die Namibië Statistiek-agentskap het positiewe groei in die bruto binnelandse produk in die eerste kwartaal van die jaar aangekondig. Die BBP is in die eerste kwartaal op 59,1 miljard Namibiese dollar geraam, wat 5,3 miljard dollar hoër is as in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar. Die BBP was toe 53,9 miljard dollar. Die agentskap se statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het die aankondiging gemaak.
Hy het die hooffaktore agter die ekonomiese groei uiteengesit.