NDBV eis optrede oor swart wildebees by weermag-basis

Die Nasionale Raad van DBV’s het aan die verdedigingminister, Thadi Modise, geskryf oor die oorbevolking van swart wildebees by die Barney Molokoane-basis van die Nasionale Weermag in die Vrystaat. Die raad eis antwoorde oor die diere, na raming tussen 300 en 400. Die vereniging is besorg oor hulle lewensomstandighede asook ‘n moontlike tekort aan voer gedurende die wintermaande. Die departement kan regsoptrede verwag indien die weermag nie optree nie.