Jandré Dippenaar ses keer skuldig aan moord
Jandré Dippenaar is skuldig bevind op ses klagtes van moord. Hy is ook skuldig aan roekelose en nalatige bestuur en bestuur sonder ‘n lisensie. Dit kom ná ‘n noodlottige ongeluk naby Hentiesbaai op 29 Desember 2014 waarin ses mense dood is. Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk, was in die hof en baie emosioneel na die skuldigbevinding. Kosmos 94.1 Nuus se Yanna Smith was by die uitspraak en lewer die nuus vanuit Swakopmund.
Joschko, wat ook vir Dippenaar gedagvaar het vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar, het met Kosmos 94.1 gepraat.