Onderhandelinge oor eenstop-grenspos by Katima byna klaar

Die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, sê onderhandelinge tussen Namibië en Zambië oor ‘n langverwagte eenstop-grenspos-inisiatief by die Katima Mulilo-grensoorgang, nader voltooiing. Samesprekings tussen die agentskap en ander belanghebbendes sal na verwagting môre afgesluit word. Dit sal ‘n bilaterale ooreenkoms finaliseer wat sedert April 2019 ontwikkeling word. Onderhandelinge het begin toe Namibië Zambië se aanvanklike konsep-ooreenkoms ontvang het. Sedertdien het verskeie hoëvlakvergaderings die belangrikheid van die finalisering van die pakt beklemtoon.