Noord-Korea se Kim steun Oekraïne-inval ten volle
Die president van Noord-Korea, Kim Jong Un, het tydens die eerste besoek van Vladimir Putin aan die land in 24 jaar, gesê hy steun Rusland se inval in Oekraïne “ten volle”. Die twee leiers het bande tussen die lande gehuldig met Putin se aankoms oornag. Die BBC berig die rooi tapyt is met Putin se aankoms uitgerol met rose, wuiwende skares en seremoniële geweervuur tydens ‘n reuse militêre parade. Die Russiese president het Kim bedank vir Noord-Korea se steun vir Rusland se beleid, insluitende die inval in Oekraïne.