Roos verwag fisiese stryd teen Wallis

Die Springbok-agsteman, Evan Roos, verwag Saterdag ‘n fisiese stryd teen Wallis wanneer die span hulle internasionale seisoen vir 2024 op Twickenham afskop. Dit is Roos se sesde toets. Hy sê die Walliesers het dieselfde houding as die Springbokke in hulle benadering tot toetsrugby. Die Springbokke het gister vir oulaas in Pretoria geoefen met die toergroep van 30 spelers wat deur die afrigter, Rassie Erasmus, aangewys is, wat vanaand na Londen vertrek.