Otjozondjupa goewerneur loof regering vir droogtehulp
Otjozondjupa goewerneur James Uerikua het die regering geloof vir sy proaktiewe maatreëls om boere tydens die droogte te ondersteun. Die landbouministerie het onlangs ‘n begroting van 130 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die 2024/2025-droogteondersteuningsingryping wat op veeboere gemik is. Dit sluit in aansporings vir veebemarking, weidingsubsidies, dierevervoer en voeraankope, wat geskeduleer is tot 31 Maart volgende jaar. Ondersteuning vir voer en akkerbou sal van 1 Julie tot 31 Desember beskikbaar wees. Die primêre doelwitte is om boere te help om vee tydens droogtes te verminder om veeverliese te voorkom, en boere in staat te stel om hul kuddes daarna te vergroot. Die ondersteuning is van toepassing op beide kommunale en kommersiële plase landwyd. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.