Zuma moet R28,9 miljoen regskoste betaal, met rente

Die Presidensie en die Staatsprokureur eis oudpresident Jacob Zuma moet rente betaal op die 28,9-miljoen-rand wat die regering opgedok het in sy korrupsiesaak. News24 berig Zuma staan tereg op 18 aanklagte oor die wapenskandaal en moet die regskoste terug betaal nadat die Hooggeregshof in Pretoria en die Appèlhof beslis het die staat is nie verantwoordelik vir sy regskoste nie. Die DA vra daar moet beslag gelê word op Zuma se pensioen indien hy nie die bedrag terugbetaal nie. Zuma se korrupsieverhoor sal volgende jaar vanaf April tot September plaasvind.