Beefcor-rowers weg met byna N$90 000, selfone, rewolwer
Die Beefcor winkel in Walvisbaai is vanoggend van 80 000 Namibiese dollar beroof. Volgens die polisie was die bestuurder besig om geld te tel om die daaglikse bankkwitansies voor te berei. Die sekuriteitshek was nie gesluit nie want twee kliënte was besig om die winkel te verlaat. Vier rowers met pistole het ingekom en die bestuurder beveel om op die grond te lê. Die rowers het die kontant en die bestuurder se rugsak gevat. Daar was ‘n Rossi 38 Special rewolwer, 8 500 dollar kontant, ‘n Samsung Galaxy A 54 en ‘n maatskappy voertuig-ontstekingsleutel in die rugsak. Hulle het ook twee selfone by die werkers gevat, in ‘n maroen Honda Fit met die registrasienommer N 17024 WB gespring en weggejaag. Beefcor het ‘n beloning van 10 000 dollar aangebied vir inligting wat kan lei tot die rowers se inhegtenisname. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Erongo-polisie se woordvoerder, adjudant-offisier Tashiya Fernando.