Netwerk-uitbreiding in Kunene op hande
Die ministerie van inligting en kommunikasie het die publiek regstreeks betrek by ‘n openbare sektor inligtingsdeelsessie in Opuwo in die Kunene-streek. Die sessie het verskeie kwessies aangespreek en die publiek is met ‘n verskeidenheid dienste bygestaan. By die geleentheid het inligtingsminister Emma Theofelus verduidelik hulle werk daaraan om die netwerk in die gebied uit te brei.