Noodtoestand na hittegolf, veldbrande in Nieu-Mexiko

Nieu-Mexiko se goewerneur het ʼn noodtoestand afgekondig terwyl twee veldbrande deur ʼn bergreeks woed. Duisende mense het die gebied ontruim en een persoon is dood. Die brande is nog nie onder beheer gebring nie en meer as agt-duisend hektaar het reeds afgebrand. In Kalifornië veg brandbestryders teen nog ʼn veldbrand noord van Los Angeles, waar meer as ses-duisend hektaar afgebrand en honderde mense gevlug het. Die veldbrande het tydens die eerste hittegolf van die seisoen ontstaan. Wetenskaplikes sê uiterste weerstoestande raak erger en meer algemeen omdat die mens klimaatsverandering veroorsaak.