Pharrell Williams ook by modeweek in Parys

Die Paryse Modeweek het begin met die hip-hop sanger Pharrell Williams wat sy jongste handelsmerkgeleentheid vir Louis Vuitton by die hoofkwartier van die Verenigde Nasiese se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie aangebied het. Unesco is ‘n simbool van internasionale diplomasie. Met die tema The World is Yours, is ‘n voorsmakie op Instagram versprei wat kinders as diplomate wys en aangemoedig word om hulle vir ‘n meer verenigde wêreld te beywer met, natuurlik, briewetasse met die Vuitton-handelsmerk daarop.