Windhoek se landelike inwoners ruk op, genoeg gehad

Die gemeenskap van Plaas Versailles in die Khomas-streek ruk vanoggend na die Khomas-streeksraad op en sal ‘n petisie indien. Die gemeenskap is uiters ongelukkig en Kosmos 94.1 Nuus het met Mariana Hansen, die voorsitter van Dorpsontwikkelingskomitee in die Windhoek Landelike kiesafdeling oor hul eise gesels.