Twee vroue vandag in Parys in die hoof oor transgender-aantygings teen Brigitte Macron

Twee vroue staan vandag in Parys tereg oor valse bewerings dat Frankryk se presidentsvrou, Brigitte Macron, transgender is wat tot aanlyn gerugte deur samesweringstokers en verregses gelei het. Brigitte Macron het in 2022 ‘n klagte teen twee vroue aanhangig gemaak wat in Desember 2021 in ‘n YouTube-video beweer het sy was eens ʼn man, genaamd “Jean-Michel”. Die aanspraak het voor die presidentsverkiesing in 2022 soos ʼn veldbrand versprei. Brigitte Macron sal nie die verhoor bywoon nie.