Globale studie bevind toenemende nuusvermyding
‘n Globale studie deur die Reuters-instituut aan die Oxford-universiteit het bevind meer mense keer die rug op nuus en beskou dit as neerdrukkend, meedoënloos en vervelig. Bykans vier uit tien mense wêreldwyd maak nou ‘n punt daarvan om die nuus te vermy, teenoor die 29-persent in 2017. Die verslag toon die oorloë in Oekraïne en die Midde-Ooste dra waarskynlik tot hierdie neiging by. Daarbenewens voel vroue en jonger mense in die besonder oorweldig. Vertroue in die nuus bly bestendig op 40-persent, maar dit is vier-persentasiepunte minder as gedurende die koronavirus-pandemie.