Verkiesings: Jeug moet na vore kom

Voorbereidings vir vanjaar se presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesing is in volle swang, met die Verkiesingskommissie van Namibië se kiesersregistrasie-veldtog wat tot 1 Augustus duur. Namibiërs van stemgeregtigde ouderdom word aangemoedig om te registreer om aan November se verkiesings deel te neem. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, waarsku dat tensy jongmense oorreed kan word om in die politiek belang te stel, daar waarskynlik ‘n lae verkiesingsopkoms sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner, dr. Marius Kudumo, gesels oor watter eienskappe die jeug na moet kyk wanneer hulle gaan stem.