GOOD ondersteun ook nuwe eenheidsregering

Die GOOD Party sê hy ondersteun die jongste voorstelle soos vervat in die konsepdokument van voorneme van die regering van nasionale eenheid. Die GOOD Party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die party het die verklaring onderteken ná ‘n vergadering onlangs tussen GOOD en die ANC se onderhandelingspan in Johannesburg. Herron sê hulle het nié posisies in die regering van nasionale eenheid bespreek of enige posisies geëis nie: