Duitsers jou Rod Stewart uit oor Zelensky-foto’s
Sir Rod Stewart is blykbaar uitgejou toe foto’s van die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky by ʼn konsert in Duitsland vertoon is. Die 79-jarige sanger, wat hom teen die Russiese inval in Oekraïne uitgespreek het, het by die Quarterback Immobilien Arena in Leipzig opgetree. Voor hy sy 1991-treffer, Rhythm Of My Heart, gesing het wat hy in onlangse vertonings aan Kiëf gewy het, is die Oekraïnse vlag op ʼn skerm agter Sir Rod vertoon. Daarna is foto’s van Zelensky getoon wat harde gille en fluite uit die gehoor ontlok het. Die sanger het Rusland sedert 2022 gereeld veroordeel.