Maureen en Job hoor in Augustus
Die Windhoekse hoërhof het uitspraak voorbehou in die saak waarin die adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, die voormalige Windhoekse burgemeester, Job Amupanda vir laster dagvaar oor ‘n plasing wat hy in 2021 op sy sosiale media gemaak het. Regter Collins Parker het die saak tot 15 Augustus uitgestel nadat die partye Maandag hul finale mondelinge betoë gelewer het. Hinda-Mbuende eis 1 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding. Amupanda ontken laster en sê Hinda-Mbuende is vies omdat hy haar flikflooiery met hom verwerp het.