Tienerswangerskappe skiet die hoogte in

Die aantal tienerswangerskappe in die Ohangwena-streek is kommerwekkend. Owerhede rapporteer meer as 9 000 sake tussen Januarie 2022 en April vanjaar. Hierdie meisies was almal onder die ouderdom van 19. Tienerswangerskappe is egter landswyd ‘n probleem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Utaara Mootu, die hoofsweep van die LPM oor die moontlike oorsake vir die hoë tienerswangerskapsyfers in landelike gebiede.