BoN sê môre oor repokoers

Die Bank van Namibië sal Woensdag die repokoers bekend maak. Die huidige koers is 7,75 persent. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy koers in Mei onveranderd op 8,25 persent gehou, en die Bank van Namibië sal waarskynlik die voorbeeld volg. Namibië se jaarlikse inflasiekoers vir Mei het op 4,9 persent gestaan, ‘n verlangsaming vanaf 6,3 persent op ‘n jaargrondslag in Mei verlede jaar, maar effens hoër as die 4,8 persent op ‘n jaargrondslag in April. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama, wat sy voorspelling gee.