Zim-polisie arresteer opposisielede

Die polisie in Zimbabwe het opposisieleier Jameson Timba en 80 jeugdiges in hegtenis geneem omdat hulle ‘n politieke byeenkoms gehou het wat volgens die owerhede ongemagtig was. Timba het oorgeneem as tussentydse leier van die Citizens Coalition for Change nadat voormalige leier Nelson Chamisa die party in Januarie verlaat het, en beweer het dat dit deur die regerende ZANU-PF gekaap is. Hul prokureur, Agency Gumbo, sê hulle sal waarskynlik aangekla word onder wette vir die handhawing van openbare orde.