Bulle bekommerd oor Willie le Roux
Rugby: Daar is twyfel oor die Springbok-heelagter Willie le Roux se gereedheid vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen die Glasgow Warriors, weens ‘n moontlike kopbesering tydens die Bulle se sege gister teen Leinster. Vrae word gevra oor die skeidsregter se versuim om teen Leinster op te tree vir talle twyfelagtige duikslae. Indien Le Roux nie kan speel nie, sal hy die derde Springbokspeler wees wat die afgelope 14 dae van die kompetisie beseer is, na Kurt Lee Arendse en Canan Moodie verlede week ook op die kantlyn gesit is.