Seldsame olifanttweeling beskou as wonderwerk
‘n Asiese olifant in Thailand het geboorte geskenk aan ‘n seldsame tweeling, in wat opsigters beskyf as ‘n wonderwerk. Die ma, die 36-jarige Chamchuri, het ‘n bulletjie in die lewe gebring, maar terwyl die opsigter die kalfie skoongemaak het, besef daar was nog ‘n kalf – die keer ‘n koeitjie. Die tweede geboorte het die ma paniekerig gemaak en opsigters moes keer dat sy nie op die kalfie trap nie. Navorsers sê tweelinge kom net in een-persent van olifantgeboortes voor. Die diere word in Thailand as heilig beskou.