Osire-vlugtelingkamp se weiding skep probleme
Weiding by die Osire-vlugtelingkamp het ‘n probleem vir die owerhede in die Otjozondjupa-streek geword. Osire is ‘n vlugtelingkamp in sentraal-Namibië, 200km noord van Windhoek langs die C30-hoofpad van Gobabis na Otjiwarongo. Dit is in 1992 gestig om vlugtelinge uit Angola, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda en Somalië te akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, vir ‘n opdatering oor die weidingkwessie.