NASA se Perseverance-Rover ry ompad op Mars deur ‘n oer-oue rivierbedding

Neretva Vallis, wat oorspronklik gesien is as ‘n roete van rotse wat obstruksies sou veroorsaak, het nou ‘n oorvloed van geologiese kennis vir die wetenskapspan verskaf.

Na ‘n ompad deur ‘n duineveld om rotsblokke te vermy, het NASA se Perseverance Mars-Rover sy jongste gebied van wetenskaplike belangstelling bereik. Die roete-verandering het nie net die geskatte rit-tyd verkort om daardie area, die “Bright Angel” gebied, te bereik nie, dit het ook die wetenskapspan die geleentheid gegee om opwindende geologiese kenmerke in ‘n antieke rivier-kanaal te vind.

In rowwe terrein gebruik die span Rover-beelde om ritte van ongeveer 30 meter op ‘n slag te beplan. Om verder te gaan op enige gegewe Mars-dag, maak beplanners staat op Perseverance se outo-navigasie, of AutoNav, stelsel om oor te neem. Maar namate die rotse meer volop geraak het, het die AutoNav meer kere as nie vasgestel dat die pad nie na sy sin was nie en opgehou, wat die vooruitsigte van ‘n tydige aankoms by “Bright Angel” ernstig sou vertraag. Die span het egter gehoop dat hulle dalk sukses sou bereik deur oor ‘n 400 meter duineveld in ‘n rivierkanaal ‘n ompad te vind. Hier is die pragtige foto’s van die ompad deur die oer-rivierbedding.

Fotos verskaf: NASA/JPL-Caltech/ASU/MSSS