Veiligheidsraad eis einde aan beleg van al-Fashir

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad eis dat die beleg van al-Fashir, ’n stad van 1,8 miljoen mense in Soedan, deur die paramilitêre Rapid Support Forces, RSF, gestaak word. Hy eis ook dat gevegte in die gebied onmiddellik beëindig word. Die raad van 15 lede het ‘n Brits-opgestelde resolusie aanvaar wat ook vra vir die onttrekking van alle vegters wat die veiligheid en sekuriteit van burgerlikes in al-Fashir bedreig. Al-Fashir is die laaste groot stad in die westelike Darfoer-streek wat nie onder RSF-beheer is nie.