Rassie tevrede met Bok-oefenkamp
Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus is tevrede dat hulle ‘n stewige basis het om op te bou. Die groep berei voor om volgende week Wallis in die aanvangstoets van die seisoen op Twickenham te pak en het pas ‘n oefenkamp in Pretoria afgehandel. Erasmus sê hulle is tevrede met die gehalte van die oefensessies en die manier waarop die nuwe spelers hulle stelsels begryp en ingeskakel het. Die span teen Wallis word Dinsdag aangekondig voor hulle Woensdagaand na Londen vertrek.