SA koalisieregering ‘sal toewyding vereis’
Die spoed waarteen die voorgestelde regering van nasionale eenheid tussen die ANC, die DA en die IVP voorgestel is, sal ware toewyding vereis van die ANC se alliansievennote. Anders sal dit net ‘n weerspieëling wees van ʼn elite-ooreenkoms wat in die toekoms onbestendig kan wees. Dit is die mening van die politieke ontleder Daniel Silke. Die ANC het met sowat 17 politieke partye onderhandel om ʼn nuwe regering te vorm. Silke sê sonder ʼn duidelike beleidsagenda is die regering van nasionale eenheid net ʼn meganisme om aanvanklik vir bestendigheid te sorg.