Beeswagter, 28, vas vir verkragting van baas se kleinkind, 7

Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek het ‘n verkragtingsaak teen ‘n 28-jarige Namibiese man geopen nadat hy na bewering ‘n sewe-jarige meisie verkrag het. Volgens Titus Ekandjo, die streek se misdaadondersoekkoördineerder, het die voorval by die Onakalunga-dorpie in die Omuthiya-kiesafdeling plaasgevind. Die slagoffer is ‘n leerder aan die Laerskool Amateta en woon by die verdagte, wat as ‘n beeswagter in die oupa se huis werksaam is. Die polisie sê die kind se oupa wat by ‘n drinkplek maar is deur die kind oor die voorval ingelig toe hy by die huis gekom het. Die verdagte is agter tralies en sal Maandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn.