Okh-munisipaliteit moet verduidelik hoe RedForce aangestel is
RedForce, ‘n skuldinvorderings- en bestuursmaatskappy wat in Windhoek gebaseer is, het onlangs onder die loep gekom weens betogings in verskeie dorpe, insluitend Windhoek, Okahandja, Walvisbaai en Grootfontein. Inwoners betoog teen RedForce se skuldinvorderingsmetodes nadat dit deur dié dorpe aangestel is om uitstaande agterstallige munisipale skuld te verhaal. Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het ‘n mosie geïnisieer om te ondersoek hoe RedForce aangestel is. Coetzee is ook ‘n lid van die dorpsraad. ’n Vergadering is geskeduleer om volgende week met alle raadslede gehou te word, maar die datum is nog nie bekend nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Coetzee oor die kwessie gepraat.