Rusland meng blykbaar in by Moldawië

Drie lande by die G7-beraad, Amerika, die Verenigde Koninkryk en Kanada beweer Russiese operateurs is besig met planne om die uitslag van Moldawië se presidentsverkiesing in Oktober te beïnvloed. Die lande sê in ʼn verklaring Moskou beplan om betogings in Moldawië aan te hits indien ʼn pro-Russiese kandidaat nie wen nie. Hulle werk saam met Moldawiese owerhede om diegene agter die beplande inmengery vas te trek. Amerika, die Verenigde Koninkryk en Kanada sê hulle sal nie pogings om by demokratiese prosesse in te meng en dit te ondermyn, verdra nie.