Grünau winterskool… almal is welkom
Die jaarlikse Grünau winterskool is geskeduleer vir 14 Augustus by die Grünau Boereverenigingsaal. Ondanks die voortslepende droogte word boere landwyd aangemoedig om dit by te woon. Die geleentheid spog met opwindende sprekers, insluitend die legendariese dr. Joggie Briedenhann van Hartebeesloop, en beloof ‘n dag vol aktiwiteite vir die hele gesin. Dolf de Wet, ‘n boer van die plaas Michberg naby Grünau, rig ‘n hartlike uitnodiging aan almal om die winterskool by te woon.