NASA stroom per abuis mediese oefening
NASA het per ongeluk ‘n mediese oefening amptelik gestroom en groot konsternasie op sosiale media veroorsaak. Die oefening was ‘n nabootsing van ‘n ruimtevaarder op die Internasionale Ruimtestasie wat teen borrelsiekte behandel word. ‘n Vrouestem het aan bemanning verduidelik wat om te doen. Die klankgreep het vinnig op sosiale media versprei en gelei tot vrese van ‘n ernstige noodsituasie op die Internasionale Ruimtestasie. NASA het bevestig die opname is per ongeluk uitgesaai terwyl bemanningslede en grondpersoneel vir verskillende scenario’s in die ruimte geoefen het.