Samora Machel moet verdeel word, te veel mense
Die Khomas-streeksraad stel voor dat die Samora Machel-kiesafdeling in twee verdeel word. Dit is omdat dit die grootste bevolking in die streek het, met meer as 92 000 inwoners. Khomas goewerneur Laura McLeod-Katjirua voer aan dat die groot bevolking dit moeilik maak om voldoende dienste te lewer. Sy sê die voorgestelde nuwe kiesafdeling moet Otto Nankudhu genoem word. Die goewerneur het ‘n voorlegging gedoen aan die vyfde Grensafbakening-kommissie, gelei deur waarnemende regter Petrus Unengu.